NewsNews

Facebook lede moeg vir padwerke

BURGERSFORT – “Die pad het baie beter gelyk voordat hulle dit kom regmaak het. Die mense wat hier werk, het nie ‘n clue wat hulle doen nie. Daar moet seker nou eers weer hoeveel ongelukke wees voordat iemand besluit om sy werk ordentlik te doen. Ek skaam my dood, dit is ‘n skreiende skande,” sê …

BURGERSFORT – “Die pad het baie beter gelyk voordat hulle dit kom regmaak het. Die mense wat hier werk, het nie ‘n clue wat hulle doen nie. Daar moet seker nou eers weer hoeveel ongelukke wees voordat iemand besluit om sy werk ordentlik te doen. Ek skaam my dood, dit is ‘n skreiende skande,” sê Sanet Botha, ‘n inwoner wat gereeld op die pad moet ry oor die gedeeltelike herstel daarvan.

Steelburger/Lydenburg Nuus het ‘n vraag aan die lesers gestel en slegs negatiewe terugvoer is ontvang. Dit blyk of die Facebook-lesers keelvol vir die padwerke is.

Me. Ben-Mari Bezuidenhout, nog ‘n inwoner, het selfs haar werk bedank en beweer dat as gevolg van die swak toestand van die pad is. “Ek ry dit elke dag, ek hou skool op Burgersfort, maar het bedank, want ek kan die pad nie meer ry nie en daar is geen vordering nie.”

Die nuutste sperdatum vir die voltooing van die projek, is nou weer na Augustus 2014 uitgestel, na dit reeds twee keer in die verlede as gevolg van “onvoorsiene”omstandighede uitgestel is.

Slaggate wat in intussen weens die swaar verkeer op die pad vorm word egter gereeld herstel.

Mnr. Hannes van der Merwe, noordelike streek se projekbestuurder van Sanral, het in ‘n vorige persverklaring die vertraging regverdig deur te sê: “Dit is te wyte aan verskeie konstruksie-uitdagings wat ons ervaar, insluitende die probleme om in die pas te werk, bergagtige terrein, asook die winter-embargo- tydperk wat vanaf Mei tot September gestrek het.”

Nadat Steelburger/Lydenburg Nuus by ‘n vorige geleentheid antwoorde versoek het, is ‘n feitlik identiese persverklaring uitgereik en dieselfde verskoning is weer gebruik. Toe die koerant Maandag weer antwoorde rondom die nuwe slaggate wou hê, het Van der Merwe eers ‘n dag later as volg gereageer. “Ons het probleme met netwerke en ‘n verklaring sal nie voor die koerant se sperdatum op Woensdag gegee kan word nie.”

Dit blyk of die padgebruikers geen ander uitweg het as om geduldig vir antwoorde te wag nie. Me. Rhoda Rothner is besorgd oor die toename in verkeer op die pad oor die feestyd. “Ag wat, kom ons los dit maar, want ek glo nie hulle weet self wat hulle doen nie. Kerstyd is om die draai en die mense gaan baie daar wil ry.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button