Hard newsLocal newsNewsNews

Hoofkantoor faal om antwoorde rakende R37 te verskaf

Hoofkantoor faal om antwoorde te verskaf LYDENBURG – Die R36, beter bekend as die Bambi-pad tussen Machadodorp en Lydenburg, is waarskynlik die onderwerp wat inwoners in die Badfontein-omgewing en toeriste se bloed die meeste gedurende 2013 laat kook het, veral nadat verskeie versoeke om iets aan die pad te doen, geïgnoreer is en onbeantwoord gebly …

Hoofkantoor faal om antwoorde te verskaf

LYDENBURG – Die R36, beter bekend as die Bambi-pad tussen Machadodorp en Lydenburg, is waarskynlik die onderwerp wat inwoners in die Badfontein-omgewing en toeriste se bloed die meeste gedurende 2013 laat kook het, veral nadat verskeie versoeke om iets aan die pad te doen, geïgnoreer is en onbeantwoord gebly het.

Die jongste statistiek toon dat daar ‘n gemiddeld van 450 vragmotors – hoofsaaklik ertstrokke – daagliks op die 54km-roete beweeg. Die pad is in die sestigerjare geteer en die gedeelte om die Kwenadam in die vroeë tagtigerjare.

Volgens Mpumalanga se Provinsiale Paaie-afdeling is die pad vir ‘n “leeftyd “ van tussen 15 en 20 jaar ontwerp met ‘n verkeerslas van hoogstens een miljoen agtton-asse vir hierdie tydperk.

Met die huidige verkeersvolume en massa per trok, sal die gewaarborgde leeftyd van die pad slegs 317 dae wees.

Skole, assosiasies en individue het sonder sukses menigde briewe aan die publieke werkedepartement gerig waarin daar gepleit is om iets aan die situasie te doen weens die gevaar waarin motoriste, voetgangers en veral skoolkinders verkeer wanneer hierdie roete gebruik word – alles het egter op dowe ore geval.

Toe Steelburger / Lydenburg Nuus self antwoorde reis, is die foon onder andere in die middel van ‘n gesprek neergesit en kon niemand weer daarna bereik word nie, dit nadat dieselfde departement flink gereageer het en boonop die koerant aangemoedig het om vrae te rig toe die ondersoek aan hulle bekend gemaak is.

Daar is onder andere gevra of die departement die operasionele plan vir die afgelope 10 jaar kan voorhou nadat die koerant vertroulik verneem het dat daar gedurende dié tydperk wel vir opgradering van die pad begroot is, maar dat dat daar niks van gekom het nie.

Privaat konsultant-ingenieurs is aangestel vir die ontwerp van die pad wat etlike derduisende rande gekos het, maar die tenders is weens onbekende redes gekanselleer en die pad is uiters gevaarlik en onbegaanbaar. Geen antwoorde op hierdie vrae kon verkry word nie.

Toe Steelburger/Lydenburg Nuus die provinsiale verkeersafdeling nader om te hoor hoeveel verkeersboetes vanaf Januarie tot op hede uitgereik is op die spesifieke pad nadat klagtes ingestroom het en videomateriaal van onder andere roekelose bestuur verkry is, kon daar egter ook geen bewyse gelewer word nie.

Mr ???? Maroga, woordvoerder (SUBS: Johanri sal vir my die naam en van sms) van die departement, voer aan dat dit egter te gevaarlik is om voertuie op die betrokke pad af te trek en dat daar veral nie net gefokus kan word op swaarvoertuie nie, aangesien dit volgens hom op diskriminasie sou neerkom.

Nog ‘n struikelblok wat verhoed dat boetes uitgeskryf word is dat mense op die R36 mekaar inlig indien daar wel die dag verkeersbeamptes is, vertel Maroga. “Soms word daar agt uur op die pad gespandeer sonder om ‘n enkele boete uit te skryf weens die feit dat mense mekaar waarsku,” verduidelik Maroga.

Toe daar aan hom gevra is of die weegbrug gebruik word, het hy geantwoord: “Die weegbrug is nie ons verantwoordelikheid nie, maar die van die vervoerdepartement en dit is nie ons verantwoordelikheid nie”. Hy het egter bygevoeg dat hy vroeer die jaar ‘n versoek aan aan hulle gerig het om die weegbruk volledig op te gradeer.

Maroga doen ‘n beroep op motoriste om die padreëls te gehoorsaam en versigtig gedurende die reënseisoen te ry, veral weens die slegte toestand van die paaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button