Hard newsNewsNewsUpdate

Ferreirastraat-ongeluk: slagoffers ter ruste gelê

'n Rooi lint wat aan die paal vasgebind is waarin Badenhorst vasgery het, is die enigste getuienis van die tragedie wat hier plaasgevind het

NELSPRUIT – ‘n Roudiens is gister vir Laurie Nel (15) gehou nadat hy Saterdagoggend dood is toe hy en mnr. Bouwer Badenhorst (26) in Ferreirastraat met Badenhorst se Mercedes AMG in ‘n paal vasgery het.

Badenhorst het ook nie die ongeluk oorleef nie en ‘n roudiens word môre (Saterdag) om 11:00 vir hom vanuit die Communio Kerk (ou AGS-kerk) gehou.

Sy meisie, me. Maritza Galloway, het Donderdag hulde aan hom gebring. “Jy was ‘n besonder spesiale mens en het soveel mense se lewens angeraak. Jy het elke dag voluit gelewe en geleenthede aangegryp.

“Jy het vir my en ander soveel dinge gewys en was positief oor die lewe en al sy uitdagings. As ek kwaad was vir jou, het jy my net een kyk met daai mooi blou oë gegee en dan het ek heeltemal vergeet dat ek kwaad was. Jy was iemand met ‘n groot ego, maar ‘n klein hartjie.

“Ek onthou hoe jy iemand langs die pad gehelp het, vir hom water en kos gaan koop het en hom in die hoofstraat voor almal uit die pad gehelp het tot waar hy wou wees.

“Jy het soveel liefde uitgestraal en soveel mense se lewens aangeraak. Daardie glimlaggie van jou, jou maniertjies van dinge doen, jou grappies, sugar cones en chocolate roomys met flakes, prawns en baie knoffel, berry dairies, soetbroodjies en hoe jy my chocolates skelm geëet het. “Jy los ‘n groot leemte in ons harte, ons gaan jou so baie mis. Dankie vir die kort tydjie wat jy vir ons geleen is. Lief jou vir ewig.”

‘n Rooi lint wat aan die paal vasgebind is waarin Badenhorst vasgery het, is die enigste getuienis van ‘n tragedie wat hier plaasgevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button