CrimeEditor's choiceNews

Stad ervaar drie gewapende rowe oor die naweek

Drie besighede was Vrydag en Saterdag die teikens in gewapende rooftogte.

Drie besighede was Vrydag en Saterdag die teikens in gewapende rooftogte.

‘n Firma in Besterstraat is Vrydagoggend deur ‘n onbekende aantal gewapende mans beroof. Niemand is beseer nie en geen kontant kon gebuit word nie.

‘n Vroulike werknemer is Vrydagmiddag in ‘n kluis toegesluit nadat vier mans probeer het om die besigheid te beroof. Een verdagte is vasgetrek, maar die ander drie is nog op vrye voet.

Vier gewapende mans het Saterdagoggend ‘n onbekende bedrag kontant asook persoonlike besittings by Audi Centre Mbombela gebuit. Hulle het het onder die voorwendsel dat hulle ‘n motor wou koop, die handelaarskap betree, maar het kort daarna vuurwapens uitgepluk en dit op die werknemers gerig. Die verdagtes het in ‘n Audi A6 met vervalste nommerplate gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button