FeaturesHard newsInnibos NuusLifestyleNewsNews

Innibos kry toe nié Fiësta-toekenning

Gisteraand se funksie was ʼn skittergeleentheid waar die who’s who van die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld met hul grootste bewonderaars by die Staatsteater skouers geskuur het

PRETORIA – Innibos is toe nié as die gewildste kunstefees tydens gisteraand se kykNET Fiëstas 2014 gekroon nie. Die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees het die titel ingepalm.

Dié eer het Innibos wel in 2012 te beurt geval. Gisteraand se funksie was  ʼn skittergeleentheid waar die who’s who van die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld met hul grootste bewonderaars by die Staatsteater skouers geskuur het.

Gasheer Frank Opperman het die skare aan die skater gehou terwyl Ian von Memerty se uithaal-en-wys verhoogproduksie elke persoon in die gehoor en by die huis se sintuie betower het. Optredes deur gaskunstenaars Dozi, Karen Zoid, Zolani en Dorothy Masuka het ook die ritme in die gehoor se harte bepaal.

Die dawerende applous wat die wenners uitgelok het, was ʼn duidelike bewys van ons almal se waardering vir die bydrae wat hulle tot die Suid-Afrikaanse kunste en vermaaklikheidslandskap gemaak het.

Die wenners is:

Lewensbydrae wenners
Emma Renzi vir Musiek
Chris Barnard vir Drama/skryfkuns
Neels Hanson vir Teater ontwerp

Beste akteur
Dawid Minnaar vir macbeth.slapeloos

Beste aktrise
Anna-Mart van der Merwe vir macbeth.slapeloos

Beste manlike byspeler
Charlton George vir macbeth.slapeloos

Beste vroulike byspeler
Lee-Anne van Rooi vir Bidsprinkaan

Beste regie
Nicola Hanekom vir Land van skedels

Beste teaterontwerp
Nicola Hanekom vir Land van skedels

Beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie
Schalk Joubert vir Die wêreld is my woning

Beste spel in ‘n solo vertoning
Tobie Cronjé vir Ballade van ‘n banggat

Beste nuutgeskepte Afrikaanse opvoering
Nicola Hanekom vir Land van skedels

Beste opkomende kunstenaar
Die ensemble van Te veel vir ‘n coloured girl vir Te veel vir ‘n coloured girl

Beste prestasie in klassieke musiek
Petronel Malan vir Petronel Malan – Klavieruitvoering

Beste prestasie in dansteater
Steven van Wyk & Thalia Laric vir “Skoonveld” in PLASTIC

Beste prestasie in visuele kuns
Jan van der Merwe vir Tyd en ruimte

Beste musiekgedrewe produksie
Dorothy – 60 Jaar

Beste aanbieding
Land van skedels

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button