Top-notch athletics at Interprimary 2014
Al die Interlaer 2014 foto's!

Atletiekskouspel oortref alle verwagtinge
Die laerskole het sowaar Vrydag hul beste prestasies vir laaste gebêre. Die jaarlikse atletiekskouspelagtige, die interhuisbyeenkoms, het op Hoërskool Rob Ferreira se sportgronde plaasgevind. Vanjaar was Laerskool Witrivier aan die stuur van sake en het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Marius Nel van Laerskool Lydenburg het puik presteer. Hy is as die beste senior hekkies- en baan-atleet aangewys en met die junior victor ludorum-toekenning weggestap. Nel het die verspringrekord vir seuns o/10 verbeter en Tiaan Pretorius die 80m-hekkies vir seuns o/13.
Kayle Labuschagne (dogters o/12) van Laerskool Bergland was eerste oor die wenstreep in die 75m-, 100m- en 150m-hekkies en het haar skool se naam hoog gehou.
Die atletiekorganiseerder van Laerskool Barberton, JP Hugo, wil graag alle atlete vir hul deelname bedank en dié wat op die podium gestaan het, gelukwens.
Laerskool Witrivier se twee langasems, Pieter Burger (o/10) en Japie Lubbe (o/13) het goed in onderskeidelik die 1200m en 1500m gevaar.
Anja Nel van Laerskool Nelspruit het die junior victrix ludorum-trofee ontvang en Pieter du Preez was die beste middelafstand-atleet.
Die hoofdogter van Laerskool Laeveld was die senior victrix ludorum en het dié prestasie vir beste middelafstand-atleet verower. Chené Maritz is as die beste veldatleet-dogter aangewys en Tijhan van der Walt was die beste veldatleet-seun.
Nelspruit Primary neem in 2015 die leisels as gasheerskool oor.
Foto’s
![]() |
Laerskool Bergland |
![]() |
Laerskool Lydenburg
|
![]() |
Nelspruit Primary
|
![]() |
Laerskool Laeveld |
|
|
Laerskool Nelspruit |
![]() |
Laerskool Barberton
|
![]() |
Laerskool Witrivier
|
![]() |
Verwagtinge oortref
|
![]() |
![]() |
Nog video’s
https://youtu.be/axGGUUyp-KU










