Laerskool Malelane senoirs geniet die Babbelbekaand
Die senior leerders van Laerskool Malelane het op Maandag, 17 Maart, ‘n Babbelbekaand gehad.

MALALANE – Die senior leerders van Laerskool Malelane het op Maandag, 17 Maart, ‘n Babbelbekaand gehad. Hierdie is ‘n redenaarsgeleentheid waar kinders ‘n toespraak moet voorberei en dit aan die gehoor voorhou.‘n Keuse van onderwerpe word vooraf aan hulle gegee. Die beoordeling is deur Johan Espach van Riverhouse, Dr Jan Breytenbach en Jan de Villiers gedoen. Die beoordelaars was baie ingenome met die uitstaande gehalte van die toesprake wat hierdie jaar gelewer is. Ons sien met trots uit daarna om hierdie leerders se politieke toesprake in die toekoms aan te hoor. Die volgende deelnemers is as kategorie-wenners aangewys.
• Eerste
Lana Bezuidenhout (gr. 4).
Elmarie van der Merwe (gr. 5).
Wynand Lotter (gr. 6).
Suzanne Bothma (gr. 7).
• Tweede
Derik Bezuidenhout (gr. 4).
Lanika Leuvennink (gr. 5).
Danien Slabbert (gr. 6).
Megan Caldeira (gr 7).
• Derde
Waldo Potgieter (gr. 4).
Anneke van der Merwe (gr. 5).
Mieke Botha (gr. 6).
Olga Erasmus (gr. 7).
