BHS laat byt Nelspruit Hoërskool in die stof
Die goeie nuus is dat die eerste rugbyspan die manne van Hoërskool Nelspruit stof in die oë geskop het, toe hulle met 31-28 gewen het.
Tydens ‘n vriendskaplike netbal- en rugbydag wat op Saterdag by Hoërskool Barberton (BHS) teen Hoërskool Nelspruit plaasgevind het, het die spelers van BHS bewys dat hulle nie onderskat moet word nie.
Die netbal dogters het die besoekers behoorlik met die volgende uitslae laat les opsê
O/14 B: 16-5
O/15 B: 22-0
O/17 A: gelykop met 12-12
O/18 A: 24-17.
Die spelers van die onderskeie netbalwedstryde was Nothando Mathebula, Yvette Shabangu, Chanté Jooste en Nosipho Mkhabela.
Die goeie nuus is dat die eerste rugbyspan die manne van Hoërskool Nelspruit stof in die oë geskop het, toe hulle met 31-28 gewen het. Die speler van die wedstryd was Manqoba Mnisi.
Baie geluk aan al die BHS netbal- en rugbyspelers. Julle kan met reg trots op hierdie besondere prestasies wees!
