Local newsNewsNewsSchool sportSport

Laerskool Barberton blink uit in rugby en netbal

Op Dinsdag 22 April het Laerskool Barberton teen Komatipoort op Bouwerpark gespeel. Die o/11's het om 14:00 uitgedraf en het ses drieë gedruk wat elkeen vervyf is deur die perfekte skopskoen van klein Jaco Ekkerd.

Op Dinsdag 22 April het Laerskool Barberton teen Komatipoort op Bouwerpark gespeel. Die o/11’s het om 14:00 uitgedraf en het ses drieë gedruk wat elkeen vervyf is deur die perfekte skopskoen van klein Jaco Ekkerd.

Die drieë is gedruk deur Grant de Jager (twee), Henné de Beer (twee), en Banele Sithole en Vukani Ngwenya met een drie elk. Die span seëvier met 42-0. Dieselfde span het Donderdag teen Numbi gespeel en het met 12-7 gewen waar Grant de Jager en Luthando Mabuza elk ‘n drie gedruk en Jaco een daarvan vervyf het.

Die eerste span was minder gelukkig teen Komatipoort en die kaptein, Christiaan de Nysschen sê hulle gaan harder oefen om die bal minder aan te slaan. Gedurende die Komatipoort-wedstryd het Du-André de Jager van die veld afgekom met ‘n verstuite voet net om met die volgende wedstryd teen Laerskool Numbi twee drieë te druk.

Justin Maree het ook twee drieë gedruk en Mpendulo Tsepo een. Christiaan het vier van die vyf drieë vervyf en een strafskop oorgeskop om die wedstryd met 36-12 te wen.

Die Pumatjies oefen fluks vir hulle groot rugbydag op 24 Mei. Hulle het hul eie hemde en die rooi bande wat die nuwe reëls nou voorskryf. Die spelers duik mekaar nie meer nie maar trek die opponent se bandjie los en dit tel as ‘n duiklaagvat.

Sakelui wat belangstel om balle en toerusting met hulle ondernemings se name daarop te borg, kan Johan Matthee skakel by 083-657-0516.

Wat die netbal betref, het netbalorganiseerder, Rina Bester die volgende te sê, “Laerskool Barberton se netbal groei net van krag tot krag.

“Ons is nou in die begin van die seisoen en het sover al 66 persent van die wedstryde wat gespeel is, gewen. Skole wat voorheen onoorwonne was, het nou in die stof gebyt. Al hierdie suksesse kan toegeskryf word aan kursusse en afrigting deur Suza Horn en die harde en toegewyde werk van ons afrigters.”

Die afrigters is: o/7 – Debbie Ndwandwe en Cindy Swarts, o/8 – Emilia Macpherson, o/9 – Madelein Luyt en Lourenca Meerholz, o/10 – Amilda Engelbrecht en Elaine Schutte, o/11 – Miems du Plessis en Ronette Becker, o/12 en o/13A – Susan Schoeman en Madelein Bronkhorst en o/12 en o/13B – Sanmarie de Nysschen en Mari-Louise Strydom.

Spanne en tellings:

A-spanne vs. Komatipoort op 22 April 2014

o/9A: 2-5

o/10A: 15-2

o/11A: 12-3

o/12A: 8-8

o/13A: 14-5

B-spanne vs. Klipspringer op 23 April 2014

o/8B: 4-0

o/9B: 1-4

o/10B: 16-0

o/11B: 2-12

o/12B: 7-6

o/13B: 8-16

A- en B-spanne vs. Numbi op 24 April 2014

o/9A: 4-2

o/9B: 0-3

o/10A: 7-1

o/11A: 5-5

o/12A: 15-3

o12/B: 3-3

o/13A: 10-11

o/13B: 14-5

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button