Hard newsNewsNews

Klippie in pastei verbaas

Die bestuurder van die winkel waar die pastei gekoop is was net so verbaas aangesien hul verskaffers so betroubaar is.

‘n Honger seun (9) is verlede Saterdag onaangenaam verras toe hy ‘n klip in sy pepper steak-pastei ontdek het. Hy het vertel dat die klip so groot soos ‘n 50-sent was.

Die Piemans-pie, ‘n bekende handelsmerk wat glo die beste pasteie in die land maak, is by Shoprite in Mbombela gekoop. Me. Letitia Odendaal, die winkelbestuurder, het gesê sy het nog nooit enige klagtes oor die verskaffer se produk gekry nie en was baie verbaas.

“Die kind se ma het vir my gesê sy wou dit net onder ons aandag bring, en ons het haar geld teruggegee. Piemans is een van die produkte wat die beste in ons bakkery verkoop.”

Tog het Piemans-pie na druktyd gesê dat hulle nie pasteie aan dié winkel voorsien nie. Odendaal het toe ook gesê dat sy ‘n fout gemaak het, en dat dit ‘n ander verskaffer was.

Hoe dink jy het die klippie in die pastei beland? Lewer hier onder kommentaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button