Hard newsLocal newsNews

Skrootwerf eienaar nie aangekla

'n Verdagte vragmotor is afgetrek nadat mnr. Jacques Meiring van Bossies Community Justice (BCJ) 'n wenk van 'n informant ontvang en dadelik die Witrivier-blitspatrollie in kennis gestel het.

MBOMBELA – Die polisie het bevestig dat die eienaar van ‘n skrootwerf in die stad gaan nie aangekla word vir die besit van vyf ton gesteelde koper wat Woensdagoggend gevind is nie.

‘n Verdagte vragmotor is afgetrek nadat mnr. Jacques Meiring van Bossies Community Justice (BCJ) ‘n wenk van ‘n informant ontvang en dadelik die Witrivier-blitspatrollie in kennis gestel het. Die vragmotor was op die N4 na Pretoria onderweg toe die informant iets verdag opgemerk het. Die vragmotorbestuurder het volgens sy eie bekentenis die koper by BBS Scrap Metal vroeg Woensdagoggend opgelaai.

Die eienaar van BBS, mnr. Martin Fourie, was nie op die toneel nie. Volgens ‘n vriend van Fourie, wat verkies om anoniem te bly, word hy nie aangekla nie en die vragmotorbestuurder is reeds uit op borg. “Ons wil nie nou enige kommentaar lewer nie omdat die saak nog ondersoek word,” het die vriend gesê. Volgens hom was Fourie nie bewus van die gesteelde goedere nie en meen dat die bestuurder dit op ‘n ander plek kon opgelaai het.

Sers. Gerald Sedibe, polisie-woordvoerder, het by navraag bevestig dat die bestuurder van die vragmotor en BBS se bestuurder aangekla word. Albei het vandag in die hof verskyn. Die vragmotorbestuurder is vrygelaat op waarskuwing en die bestuurder van BBS is uit op R2000.00 borgtog. Die saak word nog ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button