Hard newsNewsNews

Veldwagter kritiek na olifant hom aanval

Hy is na Rob Ferreira Hospitaal in Mbombela gebring waar 'n neurochirurg op hom gewag het

MBOMBELA – ‘n 52-jarige veldwagter van ‘n reservaat in die Timbavati is vroeër vandag met ‘n mediese helikopter na ‘n hospitaal in die stad gebring nadat hy baie ernstig beseer is in ‘n aanval deur ‘n olifantbul.

Mnr. Lucas Makantswa het ernstige kopbeserings opgedoen, asook frakture aan sy regterarm en -been. Hy is glo deur ‘n bronstige olifantbul aangeval.

Dit kon teen druktyd nie bevestig word waar presies die voorval plaasgevind het nie.

Makantswa is van die toneel na Tintswalo Hospitaal in Bosbokrand gebring en ‘n mediese helikopter van Mpumalanga Emergency Medical Services het hom daar gaan oppik.

Hy is na Rob Ferreira Hospitaal in Mbombela gebring waar ‘n neurochirurg op hom gewag het. Sy toestand is as kritiek beskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button