Hard newsLocal newsNewsNews

Twee koedoebulle onwettig gejag

“As hulle nie wil hoor nie, moet hulle voel.”

LYDENBURG – Twee jong koedoebulle is Donderdag op Coromandel onwettig gedood, wat na bewering die afgelope naweek as kos vir ‘n sogenaamde funksie in die gemeenskap sou dien. Volgens mnr. Temba Mzimba van die Mpumalanga Toerisme en Parkeraad (MTPA), wat beslag gelê het op die bokke, is daar wel ‘n permit uitgereik om ses koedoes te skiet. Tog het hy bygevoeg dat die permithouer dit “oorgedra” het na iemand anders, wat onwettig is.

“Ons het Woensdag inligting ontvang en onmiddellik ondersoek begin instel,” het hy vertel. “Toe ons daar uitkom was hulle reeds besig om die koedoes te slag.”

Volgens Mzimba is ‘n R500-beloning uitgereik en is die skuldige ‘n R3 000-boete opgelê. “Onwettige jag vind gereeld plaas,” het hy gesê, en gewaarsku dat daar binnekort kamera aangebring gaan word. “As hulle nie wil hoor nie, moet hulle voel.” Permitte kan by die MTPA verkry word. Navrae: Temba Mzimba by 072-993-3715.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button