Hard newsLocal newsNewsNews

Ouers glo op heksejag na vermeende molesteerder

Die man, in sy vyftigerjare, het glo nege kinders tussen die ouderdom van nege maande en tien jaar seksueel misbruik, meestal tydens kerkgeleenthede.

LYDENBURG – ‘n Man het onlangs in die plaaslike landdroshof op nege molesteringsklagtes verskyn.

Die man, in sy vyftigerjare, het glo nege kinders tussen die ouderdom van nege maande en tien jaar seksueel misbruik, meestal tydens kerkgeleenthede.

Een van die kinders se ouers het ingestem om met die koerant te praat oor hulle vier jaar lange stryd om die verdagte aan die pen te laat ry.

“In 2010 het my kind by ‘n maat in Burgersfort gaan oorslaap. Dit was ‘n kerk se jaareindfunkie. Ons het gedurende die tyd in Ohrigstad gebly. My kinders gaan slaap oor die algemeen nooit uit nie, maar dié keer het sy gegaan. Dit was ‘n langnaweek, maar ek kan nie die presiese omstandighede onthou nie.”

Sy meen dat haar dogter, toe 10 jaar oud, haar dadelik vertel het dat die man haar tydens die kerkkamp in die swembad betas het. “My kind sal nie vir my lieg nie. Ek het haar voorberei op die gevare daar buite. Die wêreld daar buite is gevaarlik. Ek het aan haar gesê dat as so iets met haar gebeur sy ons dadelik moet vertel.”

Die vrou vertel dat sy later uitgevind het dat die kerk met die kinders gepraat het sonder dat die ouers by was. “Dit het ons aanvanklik ongemaklik laat voel maar ons het dit daar gelaat. Toe ons ‘n saak gaan maak het, het ek vir my dogter gesê dat sy moet besef dat sy hof toe sal moet gaan en dat sy uitmekaar getrek gaan word in die ondervragings. My dogter het egter vir my gesê dat sy bereid was om dit te doen.”

Na die klagte gelê is, het hulle egter uitgevind dat daar ander soortgelyke aanklagtes ook teen beskuldigde gemaak is. “Ek het vir my man gesê dat ek voel dat ons dié saak verder moes voer. Ons kon dit nie net los nie.”

Sy vertel dat een van die ander slagoffers se pa selfmoord gepleeg het oor die hele situasie maar dat die verdagte se prokureur dit laat klink het asof hierdie pa die skuldige was. “Daardie gesin is uitmekaar geskeur.”

Die vrou vertel dat hulle eers net bewus van vier ander sake, behalwe hulle s’n, was. “Later het die ander sake eers onder ons aandag gekom. Wat my so boos maak oor die hele situasie is as dat mense nie wil glo dit het gebeur nie. My kind is glo die enigste een wat ‘n buitestander was en hom nie geken het nie. Hy het ‘n kans gevat met ons kind.”

Die man het glo kinders in ondermeer Duiwelskloof, Burgersfort, Phalaborwa, Tzaneen en ander klein dorpe seksueel misbruik. Hy bly glo nou in Hoedspruit. “Ons was met ons saak al agt of nege keer in die hof wat ons net daar gesit het. In Januarie het hulle ons ingelig dat die saak van die rol verwyder is, want daar was weereens nie ‘n tussenganger gereël nie. Ek het toe vir die vervolgingsraad ‘n e-pos gestuur en al die bewyse saamgestuur. Ons wou ook nie die media betrek nie want dit sou nie tot ons gebroke kinders en gebroke gesinne se voordeel wees nie.”

Daar is nou intussen na die vervolgingsraad ingegryp het, ‘n nuwe staatsaanklaer aangestel. Die man iswel gearresteer, maar volgens die ma was hy net ongeveer drie uur in aanhouding. “Hy beskuldig ons van ‘n heksejag. Dit is egter nie die geval nie. Ons ondersteun net en staan die ander ouers by wat in dieselfde situasie sit.”

Volgens die vrou word die nege sake van seksuele misbruik as een saak hanteer soos voorgestel deur die vervolgingsraad. Die verdagte verskyn weerop 4 Augustus in die hof. Hy gaan blykbaar op ses aanklagte skuldig en drie onskuldig pleit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button