Editor's choiceHard newsLocal newsNewsNews

Motorfietsongeluk lei tot amputasie

Volgens mnr Deon Broekman, plaaslike reddingswerker en hazmat operateur was beide De Ridder se bene bykans geamputeer met die impak

LYDENBURG – Twee afsonderlike motorfietsongelukke het Saterdag in die Longtompas plaasgevind met die gevolg dat een motorfietsryer sy been verloor het.

Mnr Cornelius de Ridder (34) het naby die Aartappelraad sowat 13km buite Lydenburg glo beheer oor sy fiets verloor en ernstige beenbeserings opgedoen.

Volgens mnr Deon Broekman, plaaslike reddingswerker en hazmat operateur was beide De Ridder se bene bykans geamputeer met die impak

Dit lyk nie of hy in ‘n botsing met ‘n ander voertuig betrokke was nie, maar het vermoedelik beheer om dié draai verloor en geval. Hy word sedertdien in Rob Ferreira Hospitaal se intensiewe sorgeenheid behandel.

In ‘n afsonderlike voorval was ‘n ander motorfietsryer ook met sy motorfiets naby die T-aansluiting na Sabie en Lydenburg in ‘n ongeluk betrokke. Dié pasient is deur Er24 na Sabie-hospitaal geneem. Volgens Broekman het die man nie ernstige beserings opgedoen nie.

Lees die volledige berig in die week se koerant.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button