Local newsNewsNewsSport

Spanne presteer by Ehlanzeni-distrik liga

Hierdie jaar se netbalseisoen het vir Laerskool Witrivier goed geëindig.

Hierdie jaar se netbalseisoen het vir Laerskool Witrivier goed geëindig.

‘n Handjie vol leerlinge is vir die Mpumalanga-span gekies. Anzel Bosch, Ayanda Khoza, Ntsakisi Mduli en Nokwanda Mathebula is vir die o/12-span gekies, terwyl Carmen Venter as skaduspeler aangewys is.

Nosipho Mbuyane het vir die o/13-span gekwalifiseer. Die dogters gaan gedurende die Junie-vakansie as deel van die provinsiale spanne aan ‘n interprovinsiale toernooi deelneem.

Dit is nie net spelers wat uitgeblink het nie, die o/12 A en B- en die o/13-spanne het gekwalifiseer om aan die Mpumalanga Skole Netbal (MSN)-kampioenskappe deel te neem.

Die o/12 B-span het die Ehlanzeni-liga gewen en Saterdag 7 Junie, in Standerton gespeel en bronsmedaljes verwerf. Die skool wil graag die ouers bedank wat saam met die span die koue weer trotseer het, asook die borge Zakzel Borduurders en die Bezuidenhouts, wat vir die span se warm klere gesorg het.

Die o/12 A-span het die Ehlanzeni A1-liga gewen en het saam met die 0/13-span aan die MSN-kampioenskappe in Witrivier op 20 en 21 Junie deelgeneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button