Hard newsNewsNews

Voetganger doodgery

'n Voetganger is laat Saterdagmiddag dood toe hy op Madibaweg raakgery is.

MBOMBELA – Die polisie het bevestig dat daar ‘n saak van strafbare manslag teen die bestuurder geopen is.

Volgens kapt. Dawie Pretorius van die SAPD, is die voetganger, wat nog nie geïdentifiseer is nie, deur die voertuig getref terwyl hy besig was om die besige pad oor te steek. Die bestuurder was vanaf Mbombela in die rigting van Witrivier op pad, en het die slagoffer net voor die afdraai na die skougrond raakgery.

Ooggetuies wat kort na die ongeluk daar verby is, het vertel dat dit sterk skemer was en dat voetgangers gereeld daardie pad oorsteek om busse en taxi’s te haal. Drie ooggetuies het ontsteld vertel dat daar verskriklik baie bloed was.

Volgens Pretorius was die bestuurder ook op die toneel. Die nadoodse ondersoek sal vandag (Dinsdag) gehou word en uitkenningverklarings sal deel daarvan uitmaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button