Hard newsNewsNews

Maggiesdal al ‘n week sonder water

Soos Spies opgemerk het: "Niemand kan ons help nie. Die skuld word van die een na die ander oorgeplaas. Ons is almal moeg vir die waterprobleem."

Inwoners van Mbombela se behuising op Maggiesdal is al sedert verlede Sondag sonder water. Volgens die munisipaliteit
het hulle watertenkwaens onklaar geraak en sal hulle nie voor Donderdag weer kan aflewer nie.

Me. Gerda Spies, wat al sedert verlede jaar op Maggiesdal woon, het aan Nelspruit Post vertel dat hulle sedert die begin van die jaar al gereeld sonder water gesit het. Teen Vrydagoggend was die dam op die perseel wat haar en sowat 12 bure van water voorsien, amper heeltemal leeg.

Spies het drie dogters en haar man is in ‘n rystoel, daarom moet sy drie of vier keer per dag kanne water van die naaste vulstasie af aanry.
“Dit is onaanvaarbaar. Ons kan nie tot 10 Julie sonder water sit nie. Dis onhigiënies – hoe moet ‘n mens bad en kos maak en die toilet spoel?”

Volgens me. Pinky Hermanus, senior bestuurder van water by die munisipaliteit, is die tenkwaens nie padwaardig nie en tans in die werkswinkel vir herstelwerk. “Ongelukkig ondervind die eenheid ook moeilikheid in ander gebiede, so dit sal nie moontlik wees om waens uit ander areas te gebruik nie. Die reëling was ook dat die behuisingsafdeling die moontlikheid sou ondersoek om boorgate vir die gebied te voorsien. Ek dink dit sal die klagtes uitskakel,” het sy in ‘n e-pos aan mnr. Vusi Mhlanga van menslike behuising geskryf.

Hy het op sy beurt aan die senior ingenieurtegnikus mnr. Lindani Ngcobo geskryf dat die saak nie die nodige aandag geniet nie en dat inwoners gedreig het om hoër politieke strukture met hul kwellings te nader.

Soos Spies opgemerk het: “Niemand kan ons help nie. Die skuld word van die een na die ander oorgeplaas. Ons is almal moeg vir die waterprobleem.”

Mnr. Hannes de Kock, DA-raadslid vir die area, sê versoeke aan hoër politieke strukture soos die burgemeester het tot dusver op dowe ore geval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button