Hard newsNewsNews

Bloedvoorraad gevaarlik laag

Die bloedbank se voorraad staan op slegs 1,5 dae instede van die beoogde sewe-dae voorraad.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens benodig dringend bloed. Teen gister het die bloeddiens se voorraad op slegs 1,5 dae gestaan, wat kritiek laag is aangesien die doelwit ‘n sewe-dae voorraad is.

Me. Whanita Parkes van die bloedbank het gesê weens die tekort sal skenkersentrums in Mbombela vir die volgende twee weke vir ‘n uur langer oopbly.

Die skenkingsklinieke in die Riverside- en I’langa-winkelsentrums sal vanaf 09:00 tot 18:00 op weeksdae oop wees, sowel as Saterdae tot 13:00. Die bloeddiens-kantoor in Banketstraat sal ook Saterdag 19 en 26 Julie oop wees.

Skenkers moet ouer as 16 wees, ten minster 50kg weeg en oor die algemeen goeie gesondheid geniet. Skakel 080-011-9031 vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button