Hard newsNewsNews

Kar tref glo motorfietsryers

Volgens die ooggetuie het die kar twee motorfietsryers en 'n ander kar getref.

‘n Bestuurder het Saterdag glo groot skade aangerig toe hy nie net in ‘n ander voertuig vasgery het nie, maar ook twee mense van hul motorfietse afgery het.

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder vir die Mbombela-polisie, het by navraag bevestig dat ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur ondersoek word. ‘n Oogetuie wat ook foto’s geneem het, het vertel dat hy die betrokke dag om ongeveer 13:10 gesien het hoe ‘n wit Corolla teen die drie ander bots voertuie.

“Die motorfietsryers was op die R40 in die rigting van Witrivier onderweg en die Corolla was in die teenoorgestelde rigting op pad. Die bestuurder het by die verkeerslig in die rigting van Makro regs gedraai en toe die twee motorfietse getref. Die voertuig het gedraai en ‘n Volvo, wat by die verkeerslig gewag het, ook getref.”

Volgens die polisie is nie een van die karre se insittendes beseer nie, maar beide motorfietsryers is ernstig beseer en na die hospitaal geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button