
‘n Gr. 10-leerling van Hoërskool Nelspruit is gistermiddag dood by sy ouerhuis aangetref. Dit blyk dat hy sy eie lewe geneem het deur homself op te hang.
Paramedici van Netcare 911 en Hi-Tech is na Leander Lessing se ouerhuis ontbied. Hy is in die lapa aangetref en is op die toneel dood verklaar.
Dr. Louis Swanepoel, hoof van die skool, het by navraag gesê dat hulle met groot hartseer kennis neem van sy afsterwe. “Leander was ‘n goed opgevoede en geliefde leerder en het ‘n pragtige skoolloopbaan gehad.
“Ons gebede en harte reik uit na die familie met hierdie geweldige verlies.”
Hy laat ‘n jonger broer, Marnus, agter. Laevelder het onlangs oor dié kranige rugbyspeler berig wat ernstige beserings tydens die sport opgedoen het. Lees die storie hier
