Kinders gered uit brandende huis
Die voorportaal, kombuis en sitkamer is totaal in puin gelaat. Die kinders word tans by die mediese sentrum behandel.

LYDENBURG – Vier kinders is etlike oomblikke gelede gered uit ‘n brandende huis in Bergstraat.
Volgens mnr. George Modisang, wat by die huis langsaan werk, het hy die kinders hoor huil. “Ek het die vlamme by die venster sien uitkom. Ek het dadelik ‘n pik gegryp en die motorhek oopgebreek. Die voordeur was gesluit en ek moes dit ook oopbreek. Ek het die kinders gegryp en uitgestorm. Van hulle het gebrand.”
Volgens mnr. Deon Broekman van Rapid Response moet die oorsaak van die brand nog bepaal word. “Dit wil voorkom of die brand in die sitkamer begin het. Ons het op die oproep gereageer en die brand is geblus. Die kinders kon genadiglik gered word.”
Die voorportaal, kombuis en sitkamer is totaal in puin gelaat. Die kinders word tans by die mediese sentrum behandel.
Steelburger/Lydenburg Nuus sal volledig berig lewer sodra meer inligting bekom kan word.
