Hard newsNewsNews

Stad se water so skoon as wat kan kom

AfriForum Mpumalanga se organiseerder, mnr. Ruan Lottering, is daar bevind dat die water van uiters hoë gehalte is.

Die burgerregte-organisasie, AfriForum se Laeveld-tak het Woensdag watertoetse by Sembcorp Silulumanzi se waterwerke gedoen om die gehalte van die drinkwater in die omgewing te bepaal. Na afloop van die toetse deur AfriForum Mpumalanga se organiseerder, mnr. Ruan Lottering, is daar bevind dat die water van uiters hoë gehalte is. “Mbombela-inwoners kan met ‘n geruste hart die kraanwater geniet,” het ‘n tevrede Lottering gesê. “Hierdie is ‘n perfekte toonbeeld van hoe privatisering van dienste tot voordeel van die gemeenskap kan strek.” Na ongeveer twee weke sal die algehele resultate van die toetse beskikbaar wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button