
Na meer as ‘n maand is inwoners al keelvol vir die situasie wat hulle steeds in die parkie in Ehmkesraat sien. Nelspruit Post berig feitlik elke week hieroor, maar daar is steeds geen verandering nie.
Volgens mnr. Joseph Ngala, woordvoerder vir Mbombela, sou die plakkers al meer as drie weke gelede verwyder word. Daar word steeds twee onwettige snoepwinkels bedryf en die skoenmaker se besigheid duur voort.
Bome word as bêreplek vir matrasse en komberse gebruik en die rommel in die parkie bly ‘n doring in die oog. Inwoners wil weet wanneer dit gaan end kry. Nelspruit Post het weer vir Ngala vir kommentaar probeer skakel, maar het teen druktyd nog geen antwoord ontvang nie.
