Editor's choiceHard newsLocal newsNewsNews

Kinders uit brandende huis gered

Na wat verneem word het een van die kinders die brand gestig. Volgens die polisie is ‘n seun is in die hospitaal in Nelspruit opgeneem. Sy toestand is egter nog onbekend.

LYDENBURG – Die plaaslike SAPS ondersoek ‘n voorval waar ‘n brand verlede Donderdag by ‘n huis in Bergstraat ontstaan het.

Daar was glo drie kinders tussen die ouderdomme van twee en sewe jaar in die huis toe die brand ontstaan het.

Na wat verneem word het een van die kinders die brand gestig. Volgens die polisie is ‘n seun is in die hospitaal in Nelspruit opgeneem. Sy toestand is egter nog onbekend.

Daar is verskeie weergawes van wie die kinders uit die huis gered het. Die koerant het met mnr. George Modisang, wat by die huis langsaan werk, op die toneel gepraat. Hy beweer dat hy die kinders in die huis hoor huil en die deur afgebreek het. “Ek het die vlamme by die venster sien uitkom. Ek het dadelik ‘n pik gegryp en die motorhek oopgebreek. Die voordeur was gesluit en ek moes dit ook oopbreek. Die kinders was in die huis. Hulle het brandwonde opgedoen.”

‘n Ingeligte bron het egter vir die koerant vertel dat een van die kinders glo die ma gebel het toe die brand ontstaan het. Sy het toe, na wat verneem word, die deur van die huis opgesluit en die kinders gered.

Steelburger/Lydenburg Nuus het die ma van die kinders geskakel vir kommentaar oor die gebeure. Sy het egter geweier om met die koerant te praat. Die koerant het probeer verduidelik dat daar gepoog word om die regte weergawe deur te gee. “Die inligting wat julle het is verkeerd en daardie man wat beweer dat hy die kinders gered het moet liewer stilbly. As ek met iemand gaan praat sal dit met die Panorama wees,” het sy aan die koerant gesê. Sy het bygevoeg dat die koerant geen reg gehad het om foto’s van die huis te neem nie.

Volgens mnr. Deon Broekman van Rapid Response moet die presiese oorsaak van die brand nog bepaal word. “Dit wil voorkom of die brand in die sitkamer ontstaan het. Ons het op die oproep gereageer en die brand is geblus. Die kinders kon genadiglik gered word.”

Die ouers se name word weerhou om die kinders se identiteit te beskerm.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button