Vermeende stropers op borgtog vrygelaat
Malope het egter Dinsdag bevestig dat hy intussen persoonlik hul adresse in onderskeidelik Johannesburg en Noordwes geverifieer het.
LYDENBURG – Die vyf vermeende renosterstropers wat ‘n paar weke gelede op ‘n plaas in die Badfontein area aangekeer is, is elk op R3 000 borgtog vrygelaat.
Volgens die Valke se Lt Peter Malopa is drie van die mans van Mosambiek afkomstig en was in die proses om aansoek te doen vir Suid-Afrikaanse burgerskap tydens die voorval. Die mans is aanvanklik borgtog geweier nadat hulle adresse nie bevestig kon word nie.
Malope het egter Dinsdag bevestig dat hy intussen persoonlik hul adresse in onderskeidelik Johannesburg en Noordwes geverifieer het. Volgens Malope word hul nog met geen ander voorvalle verbind nie. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel. Die mans sal weer op 9 September in die plaaslike landdroshof verskyn.
Twee van die verdagtes is op 5 Julie in ‘n renosterkamp op een van die wildsplase n die omgewing met ‘n byl, saag, rondes ammunisie sowel as ‘n .458 jaggeweer met knaldemper in hul besit aangetref -vermoedelik op die punt om toe te slaan. Die ander drie, in besit van ‘n .375 jaggeweer is deur die polisie se spesiale taakmag tot in Lydenburg gevolg waar hul by die Sasol-garage in hegtenis geneem is.
