Hard newsNewsNews

Motorfietsryer se voet geamputeer in ongeluk

Hy het geweldig baie bloed verloor en ons het dadelik begin om hom te stabiliseer

HENDRIKSDAL – ‘n Motorfietsryer is Saterdag per helikopter na ‘n hospitaal gebring nadat sy voet in ‘n ongeluk geamputeer is.

Die ongeluk het omstreeks 12:30 onderweg na Sabie gebeur.

Volgens mnr. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is hulle na die toneel ontbied en het hulle met hul aankoms daar ‘n klomp ander motorfietsryers gevind wat om die beseerde man gedrom het. “Hulle het aan ons vertel dat hulle om ‘n draai gery het toe die betrokke ryer beheer verloor en aan die kant van ‘n Toyota Fortuner vasgery het.”

Hy het baie ernstige beserings aan sy een been opgedoen. Toe paramedici sy beskermende stewel afhaal, het hulle gevind dat die voet geamputeer is. “Hy het geweldig baie bloed verloor en ons het dadelik begin om hom te stabiliseer.” Mpumalanga Emergency Medical Services (EMS) se helikopter is na die toneel ontbied en die beseerde is na Mediclinic Nelspruit gevlieg.

Hy word tans in die hospitaal se intensiewe sorgeenheid behandel.

Vermaak kon nie veel inligting oor die beseerde verskaf nie, maar hy is na wat verneem word in Johannesburg woonagtig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button