Plaaslikes dra by tot nood in Rustenburg
Alhoewel die staking verby is, die krisis in die platinumfordel beslis nog nie iets van die verlede is nie.

LYDENBURG – Alhoewel desperate oproepe uit Rustenburg effens afgeneem het na afloop van die lamlêende platinum staking, het die Hervormde Gemeente Lydenburg na ‘n hartroerende brief van ‘n dominee egter besef die nood is nog lank nie verby nie.
Volgens me Karin Steenekamp, wat by die “Gee jou hart vir Rustenburg”-projek betrokke is, het die gemeente onlangs ‘n brief ontvang van Ds Neels van Tonder van die Hervormde Gemeente, Buffelspoort waarin hy dit duidelik maak dat alhoewel die staking verby is, die krisis in die platinumfordel beslis nog nie iets van die verlede is nie.
Volgens van Tonder is die kontrakteurs en subkontrakteurs aangesê om vir minstens nog vier weke van die myne af weg te bly. “Vir daardie gesinne beteken dit dat hulle steeds sonder inkomste sit. Sommige kontrakteurs het reeds kennis gekry dat hulle volledig afgelê word en dus geen werk meer het nie”, lui sy brief. “Dit sal maande vir gesinne neem om weer finansieël te herstel – in kort: Daar is steeds ‘n groot behoefte aan lewensmiddele”.
Lees meer in Vrydag se uitgawe.
