Hard newsNewsNews

Nalatigheid pootjie blindes

Jan is blind en Charmain het net 5 persent sig in haar een oog weens 'n gewas op haar brein.

‘n Gereelde stappie huis toe het vinnig in pyn ontaard toe ‘n blinde paartjie verlede maand amper in ‘n mangat op die hoek van Murray- en Venterstraat geval het. Jan en Charmaine Barret, wat elke dag na hul werk toe stap in Mostertstraat, het verlede maand groot geskrik toe hulle op pad huis toe was en ewe skielik neergeploeg het.

Charmaine het beserings aan haar kuit opgedoen en Jan het ook ‘n paar skrape gekry. “Iemand moes die bokant van die mangat verwyder het,” vertel Jan. Hulle skakel sedert 18 Julie die munisipaliteit, maar kry geen antwoord nie. Hulle voeg ook by dat hulle nie ‘n groot bohaai wil maak nie, maar dat hulle bang is vir wat kan gebeur as daar ‘n kind inval. “Gelukkig was ons beserings nie baie ernstig nie, maar die situasie kan baie gevaarlik wees,” sê Charmaine.

 

IMG_0827 (Small)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button