Hard newsNewsNews

Swaar straf vir hoërskoolmeisies weens alkoholgebruik

'n Groepie leerders van Hoërskool Rob Ferreira is vir vyf dae geskors nadat hulle alkohol gebruik het oppad terug van hokkiewedstryde.

Vyf leerders van Hoërskool Rob Ferreira het op die harde manier geleer dat die skool nie enigsins alkoholgebruik deur leerders duld nie.

Volgens ‘n persverklaring van die skool, het die meisies in ‘n privaat, ongemerkte bussie van die hoërskole hokkie uitspeelwedstryde in Volksrus gereis toe hulle alkohol op die bussie gebring het. Hulle het dit blykbaar met koeldrank gemeng en van hulle het slegs ‘n sluk of twee geneem. “Alhoewel die dogters op geen stadium onder die invloed was of hulself swak gedra het nie, het hul oortreding hulself duur te staan gekom,” lui die verklaring.

Die meisies is na afloop van dissiplinêre verhore vir vyf skooldae geskors en kon daarvolgens nie in aanmerking kom as kandidate vir skoolleiers nie. Dit het sommige ouers ongelukkig gestem.

Die Beheerliggaam sê dat die betrokke leerders uitstaande leerders is wat almal sedert Gr 8 al deel van Rob is en daar aanvaar kan word dat hulle met opregte eerlikheid skuld erken en die straf wat opgelê is, uitgedien het.

“Hierdie ongelukkige voorval is op so ‘n wyse hanteer dat dit Hoërskool Rob Ferreira tot eer strek.  Alhoewel die straf opgelê onder die omstandighede ernstige implikasies vir die  kinders het, was die skool en die betrokke ouers dit eens dat dit in belang is van die goeie orde, dissipline en die reputasie van die skool dat sulke streng strawwe vir so ‘n oortreding moet geld.  Alle ouers kan gerus wees dat dissipline by Hoërskool Rob Ferreira regverdig maar konsekwent en streng toegepas sal word in belang van die skool en so ook uiteindelik in belang van alle  leerders,” eindig die verklaring.

Vir verdere navrae oor die voorval of die skool se beleid en gedragskode, kan Rob Ferreira se kantoor by 013-751-2281/2 geskakel word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button