
Hierdie video, wat in 2012 op die Youtube gelaai is, het weer te voorskyn gekom nadat plaaslike inwoner Colyn Serfontein dit onlangs met sy maats op Facebook gedeel het. Kykers is baie ontsteld dat dieware jagter (die luiperd), van kant gemaak is. Die meer as 30 000 kykers het dus geen genade met die man met die geweer nie, en voel dat hy gedurende die aanval soos ‘n meisie geskree het en lig daarvan afgekom het.
Die luiperd wat vir ‘n groot gedeelte van die video so goed gekamofleer was dat selfs die erfare jagters hom nie kon raaksien nie, het begin grom en skielik uit die lang gras gespring nadat skote gevuur is. Die jagter het ‘n paar diep snye opgedoen en is op sy maag gebyt. As dit nie vir die veldwagters was nie, was dit beslis neusie verby vir hierdie jagter. Waar die video geneem is, en wie die slagoffers was, is dus nog onbekend. Deel gerus jou mening met ons.
Kyk hier na die video: Onthou dat dit sensitiewe kykers kan ontstel!
