Pretrit sorg vir als behalwe pret
Volgens 'n berig op ABC News, het dit byna 5 ure gevat om passasiers wat 23 meter in die lug gestrand was, te red.

Het jou vriende al ooit vir jou gelag toe jy eerder verkies het om nie saam met hulle die draaie, swaaie en opwinding van ‘n tuimeltrein aan te durf nie?
As dit die geval is, het jy nou die reg om vir hulle te sê: “Ek het vir julle gesê dit kan gebeur”. Volgens berigte is 24 mense gered nadat ‘n tuimeltein by die bekende Six Flags America pretpark in Maryland, America tot stilstand gekom het.
Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie. Volgens ‘n berig op ABC News, het dit byna 5 ure gevat om passasiers wat 23 meter in die lug gestrand was, te red.
Die tuimeltruin genaamd “Jokers Jinx” is bekend vir sy spoed wat tot 95 kilometer kan bereik.
Kyk gerus hier na die video
