Local news

KYK: Lanies eer hoof wat afskeid neem

Leerlinge van Laerskool Malelane het finaal totsiens gesê tydens 'n afskeidseremonie.

Met hande uitgestrek het leerlinge en personeel van Laerskool Malelane hul seën oor die voormalige skoolhoof, Gerben Janse van Rensburg, en sy vrou, Marlese, uitgespreek terwyl hulle met swaar harte afskeid geneem het.

In ’n hartroerende video wat deur die skool gedeel is, wens leerlinge hom vaarwel toe en klap hande vir Janse van Rensburg en sy vrou, wat 12 jaar lank deel was van die skool.

Janse van Rensburg is trots op die bydrae wat hy gelewer het.

“Toe ek ’n paar jaar gelede hier aangekom het, was een van die dinge wat ek wou doen om die terrein te vergroen en meer kleur aan die skool te gee. As jy nou daarna kyk, het ons hier ’n nalatenskap gebou,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat elke einde herinneringe laat wat blywend is.

LEES OOK: Lanies shine on the league greens

“Aan die einde van enige tydperk in jou lewe bly net herinneringe oor. Soms dra ons letsels – of dit nou fisies, emosioneel of bloot lagplooitjies is – maar dit herinner ons aan wat ons gedoen en ervaar het,” het Janse van Rensburg afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button