Editor's choiceHard newsLocal newsNewsNews

Polisie steeds besig met ondersoek na brand by huis

Na wat verneem word het een van die kinders die brand gestig. Daar is verskeie weergawes van wie die kinders uit die huis gered het.

LYDENBURG – Die polisie het bevestig dat die ondersoek na die voorval waar drie kinders uit ‘n brandende huis in Bergstraat twee weke gelede gered is, voortgaan. Volgens die SAPS is die een seun wat in ‘n hospitaal in Mbombela opgeneem is intussen ontslaan.

Daar was glo drie kinders tussen die ouderdom van twee en sewe jaar in die huis toe die brand ontstaan het.

Na wat verneem word het een van die kinders die brand gestig. Daar is verskeie weergawes van wie die kinders uit die huis gered het. Die koerant het met mnr. George Modisang, wat by die huis langsaan werk, op die toneel gepraat. Hy het beweer dat hy die kinders in die huis hoor huil het en die deur afgebreek het.

‘n Ingeligte bron het egter vir die koerant vertel dat een van die kinders glo die ma gebel het toe die brand ontstaan het. Sy het toe, na wat verneem word, die deur van die huis opgesluit en hulle gered.

Steelburger/Lydenburg Nuus het die ma vir kommentaar oor die gebeure gekontak. Sy het egter geweier om met die koerant te praat. Sy het bygevoeg dat die koerant geen reg gehad het om foto’s te neem nie.

Die ondersoek spruit uit Artikel 305(3) van die Kinderwet van 2005 wat lei: “’n Ouer, voog of ander persooon wat ouer verantwoordelikhede het en regte in respek van ‘n kind, versorger of persoon wat geen ouerskap verantwoordelikhede en regte in respek van ‘n kind en wat vrywillig sorg vir die kind hetsy onbepaald, tydelik of gedeeltelik, is skuldig aan ‘n oortreding as dié ouer of voog of ander persoon die kind misbruik of opsetlik verwaarloos of die kind verlaat.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button