Hard newsNewsNews

Kaartkloners raak al slimmer

Klonings kom nie net by sekere kitsbanke of winkelsentrums voor nie, maar orals in die stad.

Na ‘n paar redelike stil maande blyk kaartkloners op groot skaal weer aktief te wees. Twee hoogs tegnologiese kaartskanderingtoestelle is die afgelope twee weke vanaf kitsbanke in die stad verwyder waarvandaan hulle bankkaarte gekloon het. Volgens die polisie is dit die eerste keer in ‘n baie lang tyd dat hulle sulke toestelle sien.

Wetstoepassers het Sondag ‘n kloningstoestel van ‘n Standard Bank-kitsbank by Crossing afgehaal en sowat twee weke gelede is ‘n kloningstoestel by ‘n kitsbank by die BP-vulstasie by Sonpark verwyder.

Mnr. Hennie Potgieter van Bossies Community Justice het gesê dis egter nie net by sekere banke of plekke nie. “Hulle is oral aktief. Daar is nie op hierdie stadium ‘n gevaarpunt nie – ons kry maar van oraloor klagtes.”

Die polisie het verduidelik dat die toestel op die outomatiese tellermasjien se kaartgleufie geplaas word en daar ook ‘n kamera aan is om die gebruiker se PIN af te neem. Hoewel dit baie dieselfe as die kaartgleufie lyk, kan ‘n mens wel bespeur dat iets vreemd is. Mense moet dus baie oplettend wees as hulle geld by banke trek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button