Hard newsNewsNews

Video kan help om vermeende dief vas te trek

Me. Charlotte Snyman van Fine & Country voel dat haar agentskap geteiken word ná verskeie van hul borde die afgelope paar weke weggeraak het.

‘n Eiendomsagentskap het ‘n beloning vir inligting uitgeloof om ‘n vermeende borddief vas te trek nadat hulle onlangs op sekuriteitskameras kon sien hoe een van hul borde gesteel word.

Me. Charlotte Snyman van Fine & Country voel dat haar agentskap geteiken word ná verskeie van hul borde die afgelope paar weke weggeraak het.

Buiten dat hul voornemende kliënte sonder aanwysingsborde moontlik nie Fine & Country se skouhuise en ontwikkelings sal besigtig nie, is die borde ook duur.

Volgens Snyman het daar oor die afgelope paar weke verskeie borde op die roete na ‘n ontwikkeling en ‘n skouhuis weggeraak en sal dit ongeveer R700 kos om te vervang.

Maar sy kon die video-opname van sekerheidskameras by El Madre bekom. Daarop kan gesien word hoe ‘n voertuig op die aand van 9 Augustus by die verkeerslig stilhou en ‘n man een van Fine & Country se borde in die kar laai.

“Ek dink nie dis teen een eiendom wat ons bemark gemik nie, maar ons as agentskap,” het Snyman vertel.

Ander agente se borde loop ook deur. Volgens mnr. Mark Pearce van Realty 1 is dit ‘n deurlopende frustrasie vir ‘n agent as borde weggedra of beskadig word.

“My agente het al hewige debatte met my gevoer oor mededingende agente wat hul borde glo beskadig, maar ek dink eerlikwaar nie dit is die geval nie. Ten minste 80 persent daarvan is kwaadwillige mense of kinders.”

Pearce voel egter die beskadiging of diefstal moet aangespreek word. “Dit kan nogal duur raak, veral vir kleiner agentskappe wat nie op grootmaat borde koop nie. Hulle kry miskien 20 of 30 op ‘n keer teen sê nou maar R60 ‘n bord. Dan kom hul tyd en petroluitgawes om dit te vervang, daarby. Dis geld waaruit hulle ‘n bestaan moet maak.”

Kapt. Dawie Pretorius, woordvoerder vir Mbombela SAPD het bevestig dat ‘n saak van diefstal ná Snyman se klagte ondersoek word. Besoek ons webwerf om na die video van die voorval te kyk.

Skakel Snyman by 083-303-1280.

Sien die video hier:

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button