Hard newsNewsNews

Sekuriteitsbeampte betrap vermeende skieter glo op heterdaad

Die vermeende skietvoorval in die dorp het feitlik voor die Hi-Tech beampte plaasgevind.

‘n Sekuriteitsbeampte van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit was gisteraand glo ook die ooggetuie van ‘n vermeende misdaad, voor hy die verdagte aan die polisie oorhanding het.

Die voorval het om ongeveer middernag op die hoek van Henshallstraat en Samora Machelrylaan plaasgevind.

Mnr. Martin van Staden van Hi-Tech het aan Nelspruit Post vertel dat hy op pad was om brandstof in sy voertuig te gooi, toe hy hoor hoe ‘n skoot klap.

“Ek het langs my gekyk en gesien hoe een man agter ‘n ander aanhardloop. Die verdagte is by ‘n kafeetjie in en ek is agterna. Die ou het ontken dat hy geskiet het. Ek het gesê ek het hom gesien, toe wys hy my die .765-rewolwertjie. Hy het gesê dat hy nie ‘n lisensie daarvoor het nie en dat dit sy vrou se vuurwapen was.”

Volgens Van Staden het die verdagte gesê dat hy dit op sy persoon dra vir selfverdediging en dat die man wat hy gejaag het, hom wou aanval. Die verdagte is na vermoede ‘n Etiopiër wat al geruime tyd in die land woon. Die ander man het van die toneel gevlug en dit is onbekend of hy beseer is.

Die polisie kon teen druktyd nie bevestig op watter klagtes die verdagte aangehou word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button