Hard newsLocal newsNewsNewsUpdate

Moordverdagtes se saak weereens uitgestel

Die vier verdagtes wat na bewering vir mnr. Riaan van den Berg in sy huis vermoor het, het die afgelope Maandag weer in die hof verskyn.

MALALANE – Die vier verdagtes wat na bewering vir mnr. Riaan van den Berg in sy huis vermoor het, het die afgelope Maandag weer in die hof verskyn.

Familie en vriende het die hof volgepak en gehoop die saak sal sy loop kry. Dit is egter weer uitgestel, dié keer na 29 September. ‘n Goeie vriend het op 30 Mei Van den Berg se liggaam in sy huis gevind.

Sy arms en bene was vasgebind. Die boeregemeenskap het by Van den Berg se huis bymekaar gekom om sy familie te ondersteun. Op 2 Junie is vyf verdagtes, vier mans tussen die ouderdom van 25 en 34 en ‘n 24-jarige vrou, in Matsulu in hegtenis geneem.

Van den Berg se voertuig, ‘n ou Nissan Hardbody en van sy besittings is by hulle gevind. Die vrou is later weens ‘n tekort aan bewyse wat haar aan die moord verbind, vrygelaat.

Tydens die eerste hofverskyning op 4 Junie, het ‘n totaal van 70 lede van die gemeenskap by Malalane se hof saamgekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button