Hard newsNewsNews

Duikkloppers deur sindikaat geteiken

Ongeveer 30 persent hiervan word na buitelande geneem. Dieselfde modus operandi vind regoor die land plaas.

MBOMBELA – Net toe jy gedink het jou voertuig is veilig by ‘n duikklopper, slaan voertuigdiewe met ‘n nuwe slinkse plan toe en dit gebeur nou regoor die land.

Dié diewe teiken bekende duikkloppers en doen hulle as kliënte voor. Hulle gee ‘n bybetaling en ry met eksklusiewe motors weg. Daar is onlangs berig dat drie luukse voertuie by drie duikkloppers in die stad op dieselfde dag op presies dieselfde manier gesteel is.

Volgens mnr. Hugo van Zyl, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Versekeringsmisdaadburo, word daar jaarliks R8,5 biljoen se voertuie gesteel.

Ongeveer 30 persent hiervan word na buitelande geneem. Dieselfde modus operandi vind regoor die land plaas.

Mnr. Eric van Dyk, het onlangs sy motor na Huson Panelbeaters geneem om ‘n paar duike te laat regmaak. ‘n Paar dae later het ‘n onbekende man die duikklopper geskakel en hom as Van Dyk voorgedoen. Hy het presies geweet wat die bybetaling was en gevra dat hulle “sy” voertuig by ‘n hotel moet aflewer. Soortgelyke voorvalle het by Dent Doctor en Auto Magic gebeur. Volgens Van Zyl kry ‘n tussenganger al die inligting van ‘n duikklopper en oorhandig dit dan aan die sindikaat wat in buitelande sake doen. Volgens brig. Selvy Mohlaha is hulle besig om die onderskeie sake te ondersoek, maar hulle kan nog nie vasstel of dit wel ‘n sindikaat is nie.

“Ons wil alle duikkloppers bewus maak en hulle aanraai om versigtig te wees wanneer hulle voertuie aan kliënte oorhandig,” sê Mohlala.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button