Editor's choiceLocal newsNewsNewsSchool sportSchoolsSport
LHS rugby sewes wys hul staal
Hoërskool Lydenburg wens hul hartlik geluk met die besonderse prestasie.
Die talentvolle 0/15 sewesspan van Hoërskool Lydenburg het onlangs gewys hulle is ‘n groep waarmee daar beslis gereken kan word.
Hulle het die afgelope paar weke uitstekende rugby gespeel, en op 2 Augustus as wenners uit die stryd getree toe hulle daarin geslaag het om met Rob Ferreira, Frans du Toit en Hans Merensky af te reken.
Op 9 Augustus het hulle egter hierdie prestasie voortgesit en HTS Witbank, Hoërskool Middelburg en Rob Ferreira geklop om met die trofee huiswaarts te keer.
Hulle word deur Jaco Fourie afgerig.
Hoërskool Lydenburg wens hul hartlik geluk met die besonderse prestasie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
