Hard newsNewsNewsUpdate

Vermeende bedrieër steeds op vrye voet

Lasbriewe is uitgereik toe mnr. Derek Poole sy laaste drie hofverskynings in onderskeidelik Mbombela, Hazyview en Sandton in Gauteng misgeloop het.

MBOMBELA – ‘n Man wat verskeie klagtes van bedrog in die gesig staar, is sover bekend nog op vrye voet – ondanks drie lasbriewe wat vir sy inhegtenisname uitgereik is.

Die briewe is uitgereik toe mnr. Derek Poole sy laaste drie hofverskynings in onderskeidelik Mbombela, Hazyview en Sandton in Gauteng misgeloop het. Die laaste hiervan was vroeg in Augustus.
Voor dit het Poole se hofverskynings op twee geleenthede met mekaar gebots.

Buiten die bedrogklagtes in die Wynberg-hof, is daar ‘n klag teen hom in Hazyview wat met ‘n beweerde vervalste bewys van betaling vir ‘n toergroep verband hou.

In die Nelspruit Landdroshof hou die bedrogklag verband met Poole se voormalige vennoot wat aanvoer hy is deur hom ingedoen. Hy staar hier ook ‘n klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die gesig, nadat hy glo sy voormalige verhuurder te lyf gegaan het.

Soos ander klaers kan Laevelder Poole hoegenaamd nie op enige van sy bekende selfoonnommers in die hande kry nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button