Hard newsNewsNews

Plaaslike TUT-studente terug in klas na boikot

Die studente het volgens veiligheidspersoneel die Mbombela-kampus verlede Woensdagmiddag verlaat en Donderdag nie vir klasse opgedaag nie.

MBOMBELA – Studente van die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) het na die Laeveldse kampus teruggekeer nadat hulle verlede week klasse geboikot het.

Die studente het volgens veiligheidspersoneel die satellietkampus Woensdagmiddag verlaat en Donderdag nie vir klasse opgedaag nie. ‘n Wag het verduidelik dat die boikot verband gehou het met die protesaksies wat verlede week op TUT se hoofkampus in Pretoria uitgebreek het. Laevelder is egter ook Maandag nie op die plaaslike kampus toelaat nie.

Verlede week Dinsdag is klasse op die Pretoria-kampus opgeskort nadat studente ‘n bus aan die brand gesteek het. Hulle was glo ongelukkig met ‘n voorgestelde verhoging in klasgeld wat vir volgende jaar voorgestel is en wil ook meer finansiële hulp van die nasionale studentebystandskema hê.

Klasse is intussen ook by die Kunste-, Arcadia-, Besigheidskool-, Ga-Rankuwa-, Pretoria- en Soshanguve-kampusse opgeskort. Volgens TUT se webwerf sou alle klasse Woensdag hervat word.
Een van die studente op die Mbombela-kampus, Mr Kirren Mabaso het Vrydag gesê, baie studente is ongelukkig oor die finansiële implikasies van die verhoging. Maandag was die meeste egter te haastig op pad klas toe om met die koerant te praat.

TUT-woordvoerder me. Willa de Ruyter kon nie vir kommentaar bereik word nie. Aansoeke om finanisiële hulp vir 2015 is oop en sluit aan die einde van die maand vir bestaande studente en op
15 November vir voornemende studente aan TUT. Besoek die finansiëlehulpkantoor op kampus vir meer besonderhede.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button