Local newsNews

Die fokus val op tieners en drank

Dié organisasie het ten doel om jongmense van gevare wat alkoholmisbruik inhou bewus te maak.

MBOMBELA – Hoekom jongmense voel hulle kan nie ‘n goeie tyd sonder drank hê nie, gaan haar verstand te bowe.

Antonetta Malan, sameroeper van ‘n nuwe organisasie, Oppivoete, is bekommerd oor drankmisbruik onder die tieners in die stad. Dié organisasie het ten doel om jongmense van gevare wat alkoholmisbruik inhou bewus te maak. Sy het vir maande navorsing saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad insake alkoholisme gedoen.

Sy beoog ook om saam met Innibos-feesbestuur en ander instansies te werk. Sy en vier ander dames het reeds hierdie jaar ‘n bewusmakings-tent by Innibos gehad waar hulle baie jongmense gehelp het. “Ons wil nou ‘n meer permanente struktuur begin,” sê sy. Malan is dankbaar vir ondersteuning van Innibos tot dusver en hoop dat ander instansies ook dieselfde gaan doen.

Sy het ook dringend iemand nodig wat gaan leiding neem. “Die Here het hierdie organisasie op my hart gelê, maar ek het iemand nodig wat hierdie ding gaan vat en met hom hardloop,” vertel sy. Haar droom vir die stad se jongmense is dat hulle die regte keuses vir hulle toekoms sal maak en om dit vroeg in hul lewens te doen. “Fokus eerder op ander dinge.” Sy verstaan die hartseer van die lewe, maar sy wil hê jongmense moet kies om te lewe. ‘n stigtingsvergadering vir Oppivoete sal op

22 September om 18:00 by die Evangeliese Gereformeerde Kerk gehou word. Almal is welkom.

Navrae: Antonetta Malan by

060-506-2513.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button