Hard newsNewsNews

Hout diefstal neem toe

Hout en kragsaediefstal is op hierdie stadium 'n geweldige groot probleem in Mpumalanga.

MBOMBELA – Net toe bosbouers begin dink het houtdiefstal is stadig maar seker besig om af te neem, het dit binne ‘n kwessie van ‘n jaar weer geweldig toegeneem.

Lede van die Laeveldse houtdiefstalforum oftewel Lowveld Timber Theft Forum (LTTF) het verlede week hul kommer oor hierdie situasie uitgespreek by ‘n vergadering met die polisie se genl. PT Phahla, adjunkkommissaris vir operasionele dienste in die provinsie. Volgens mnr. Pieter Knipschild, hoof van LTTF het ses gewapende rowers verlede week op verskeie plekke in die Barberton-, Hazyview- en Sabie-gebied toegesak en 62 kragsae gesteel. Volgens die LTTF open hulle sake, maar word dit nooit ondersoek nie. “En hierdie situasies maak dit moeilik vir kontrakteurs om hulle werk te doen, omdat hulle nie weet wat dalk met hulle in die plantasies gaan gebeur nie,” vertel Knipschild.

“Nie net is die hout- en kragsaagdiefstal ‘n probleem nie, maar stasiebevelvoerders in verskeie gebiede gee nie die nodige samewerking wanneer die bosbouers hulle nodig het nie,” aldus Knipschild.

Phahla het sy berou oor die situusie uitgespreek en aanbeveel dat LTTF, bosbouers en die polise doodeenvoudig net sal móét begin saamwerk. “Die twee moet met mekaar trou,” het hy verduidelik. Phahla het ook verseker dat daar ‘n offisier aangestel sal word om net dié soort sake te hanteer. “Ons is bereid om polisiebeamptes te gaan haal as daar nie voertuie is nie,” het Knipschild gesê.

Volgens hom het hulle al R12 miljoen se kragsae sedert 1997 verloor. “Dit word nou ook duidelik dat houtdiefstal beheer word deur ‘grootkoppe’ wat in Mosambiek en Zimbawe sit en mense het wat hier die hout steel. Dit is hoekom dit nooit einde kry nie, want hulle stel net nuwe mense aan wanneer die ander gearresteer word,” het een van die lede gesê.

“Ons het probeer, maar nie hard genoeg nie,” het Phahla gesê. LTTF het ook voorgestel dat hulle ten minste een keer elke twee weke bymekaar kom. Phahla was oop vir alle voorstelle. “Ons wil ook aan die einde van die jaar ‘n prysuitdeling hou en die polisie bedank vir hulle werk. Ons wil graag teruggee aan die polisie,” het me. Joey Lascelles, LTTF-woordvoerder gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button