Hard newsLocal newsNewsNews

BHS dra by tot fonds vir klein Caiden

Dit was met gemengde gevoelens van vreugde en hartseer dat die onderwysers en leerders van Barberton Hoërskool (BHS) Vrydagoggend die agt maande oue Caiden van Staden ontmoet het.

Dit was met gemengde gevoelens van vreugde en hartseer dat die onderwysers en leerders van Barberton Hoërskool (BHS) Vrydagoggend die agt maande oue Caiden van Staden ontmoet het.

Caiden, wat onlangs heelwat in die nuusblaaie verskyn het, is met Westsindroom sowel as Lissencephaly, ‘n seldsame toestand, gediagnoseer. In leke terme beteken dit dat haar brein se grysstof nie ontwikkel het nie en dat daar geen groewe voorkom nie – dus is dit ‘n gladde brein. Aangesien die gesin nie met die mediese kostes sal kan byhou nie, het ‘n familielid, Francina du Plessis, die Caiden-fonds laat stig. Sy is ook die een wat die nuus van Caiden se toestand en die behoefte wat bestaan, bekendgemaak het.

Caiden het vinnig in almal se harte ingekruip. Sy het onlangs saam met haar ouers na Mbombela verhuis om beter mediese sorg te ontvang. BHS se gr. 11-leerders het besluit om hul deel te doen deur fondse vir die moedige dogtertjie deur ‘n onlangse ice-bucket challenge in te samel.

Op Vrydagoggend het Caiden, vergesel van Du Plessis se moeder, Mara van Rooyen, asook haar ma Ashleigh, deurgery om die kinders te ontmoet wat met hul insameling R3 132 vir haar bymekaargemaak het.

Daar het nog ‘n verrassing op Caiden gewag, ‘n spesiale gas. Nadat Barberton Times verlede week oor die ice-bucket challenge ten bate van Caiden berig het, het ‘n inwoner, Rienie Bauer, besluit sy moet haar ontmoet. Bauer se kleinkind, die 19-maande oue Twyla Boshoff het dieselfde sindroom as Caiden. Dit was ‘n hartroerende oomblik toe sy die baba gesien het. Twyla woon saam met haar ouers in Engeland waar Bauer onlangs vir ‘n paar maande gekuier het.

Na die tjekoorhandiging het selfs die seuns swaar gesluk en Wade du Plessis, gr. 10-leerder kon nie anders as om die kleinding vas te hou nie.

Sy is daarna na die personeelkamer deur haar oppasser, Van Rooyen vergesel. Sy vertel dat die kind haar lewe is en dat sy nie ‘n dag sonder die liefde van die spesiale dogtertjie kan indink nie.

Na ‘n heerlike kuier met die onderwysers, was die kleinding uitgeput en was dit tyd om aanstaltes te maak.

Indien enigiemand meer oor die Caiden-fonds wil weet, skakel Francina du Plessis by 071-670-0488.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button