Hard newsNewsNews

Sekuriteitsman skuldig aan wapenbesit sonder lisensie

Mbombela landdroshof vind dat hy wel bevoeg is om weer 'n wapen te besit.

Johannes Froneman (37), die eienaar van ‘n besigheid wat sekuriteitswagte uitkontrakteer, is vandag skuldig bevind aan die besit van ongelisensieerde wapens en ammunisie in die Mbombela landdroshof.

Froneman is op 26 September 2011 te Silbury Hill kompleks, Mbombela, aangekeer nadat ‘n .38 rewolwer, ‘n .303 geweer en ammunisie in sy besit gevind is waarvoor hy nie lisensies gehad het nie.

Hy het skuldig gepleit op die aanklagte teen hom en verduidelik dat die wapens en ammunisie aan hom bemaak is. Hierbenewens het Froneman aangevoer dat hy geen misdade met die ammunisie gepleeg het of beoog het om misdade daarmee te pleeg nie en dat hy nie die kriminele bedoeling gehad het om dit te verdoesel nie – hy was openlik oor sy besit daarvan.

Die sekuriteitsmaatskappy wat Froneman besit, maak wel nie tans gebruik van gewere nie, maar gebruik slegs knuppels as wapens.

Froneman se nalatigheid ten opsigte van die verkryging van lisensies vir hierdie wapens en ammunisie is ten sterkste veroordeel en Landdros du Plessis het uitgewys dat diegene wat hieraan skuldig bevind word tot 15 jaar se tronkstraf gevonnis kan word.

Die veroordeelde is wel net gevonnis tot ‘n boete van R 8000 en is nie onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button