Hard newsNewsNewsUpdate

Poole skuld glo sy prokureurs

Die landdros in die Wynberg hof het volgens bronne vir mnr. Derek Poole gevra hoekom hy nie in die hof verskyn het toe hy moes nie.

SANDTON – Mnr. Derek Poole het tot 21 Oktober om die geld bymekaar te kry om sy regsverteenwoordiger te betaal. Dit is volgens bronne wat verlede Dinsdag in die Wynberg Landdroshof was tydens sy verskyning op bedrogklagtes.

Poole staan tereg op die klagtes nadat hy onlangs in Durban gearresteer is omdat hy versuim het om met sy vorige verhoordatum by die Gautengse hof op te daag. Hy was destyds uit op borg, maar is nou in polisie-aanhouding.

Die landdros het volgens bronne gesê as Poole nie binne hierdie tydperk die geld kan insamel nie, kan LegalAid genader word om hom te verteenwoordig. Hy het hom glo gevra hoekom hy nie in die hof verskyn het toe hy moes nie. Poole het glo vir twee weke gevra om die fondse bymekaar te kry om sy regsverteenwoordiger te betaal.

Poole staan op plaaslike bodem ook op bedrogklagtes tereg. Ook hier het hy sy laaste twee hofdatums in die Hazyview en Nelspruit landdroshowe misgeloop.

In Hazyview word Poole daarvan aangekla dat hy vals bewyse van betaling van ongeveer R25 000 aan GAP Tours vir ‘n safari voorgelê het. Hy was destyds ook ‘n toer-organiseerder. In Mbombela word hy daarvan beskuldig dat hy sy voormalige vennoot uit ongeveer R150 000 bedrieg het. Hy het ook glo sy voormalige verhuurder aangerand. Volgens die klagstaat staan hy tereg op aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Poole is einde verlede jaar in die Nasionale Krugerwildtuin in hegtenis geneem na al hierdie klagtes by die polisie gelê is. Elke hof het borgtog aan hom toegestaan. Na die aanhoudende uitstel van sy sake in die drie howe het hy egter aan die begin van Augustus, met sy laaste geskeduleerde verskyning in Mbombela, nie opgedaag nie. Hy is in September in Durban opgespoor en op 20 September weer gearresteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button