Community galleriesGalleriesLifestyleLocal newsNewsNewsPeopleSchools

Tannie Sonja en Tjokker laat die jongspan lekker dans en kuier

Die kinders het gesing, gedans, geskree en geskaterlag tydens die vertoning. Tjokker se streke het die jongspan ook belangrike lewenslesse geleer.

LYDENBURG – Opgewonde kleuters het Vrydag in spanning vir tannie Sonja Heroldt en haar hondemaatjie, Tjokker se koms gewag.

Maats het nuuskierig geloer na wanneer die straatbrak sy opwagting gaan maak, terwyl sy ounooi die jongspan lekker laat saamsing het.

Uiteindelik was die lang wag verby en maatjies het gejil en geskree toe Tjokker om die hoek van Klopkloppie-kleuterskool loer.

Sonja het liedjies van hulle nuwe en vorige albums gesing en het sommer hope pret gehad met die kleuters terwyl hulle aangemoedig is om saam te dans en te gesels.

Tydens Sonja en Tjokker se optredes vertel Sonja, wat jare gelede ’n onderwyseres was, stories terwyl sy oorspronklike geestelike musiek sing.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button