


Nelspruit het in 1951 met sy eerste stadsaal gespog. Die eerste hoeksteen is deur burgemeester mnr. Naas Ferreira gelê.
In 1990 het die pragtige gebou die eerste stadsaal in Suid-Afrika geword wat in ‘n hotel omskep is. Die kantore was ruim genoeg om as slaapkamers gebruik te word en vandag het die hotel 72 lugversorgde kamers met en suite badkamers. Die ou kantore het reeds individuele balkonne gehad en dié wend nou ‘n sekere outydse glans tot die kamers.
Die hotel is in die Promenade-sentrum geleë.
Die oorspronklike Mkhuhlu-boom (Trichilia emetic) kom al van die stadsaal se dae en staan nou nog trots voor die hotel. Die dorp se oorspronklike watertoevoer was ‘n pit langs die boom. Dit was 18m diep met ‘n opbrengs van 2 700 liter water.
