NewsSchoolsSport

Laerskool Laeveld interhuis

Atlete van laerskole Barberton, Bergland, Clivia, Laeveld, Malelane en Klipspringer Primary het ten spyte van die versengende hitte pragtig presteer

Die Westend SUPERSPAR Prestige Atletiekbyeenkoms het verlede Saterdag by Laerskool Laeveld plaasgevind. Ses Laeveldse skole het op dié dag kragte gemeet. Atlete van laerskole Barberton, Bergland, Clivia, Laeveld, Malelane en Klipspringer Primary het ten spyte van die versengende hitte pragtig presteer.

Sazi Shongwe van Barberton is as die junior victrix ludorum aangewys. Khensani Mavayeya, ook van Barberton is as junior victor ludorum gekroon. In die senior afdeling het Hope Madonsela van Laerskool Malelane as senior victrix ludorum uitgeblink. Sy het eersteplekke in die dogters o/10 gewigstoot, verspring, 70-meterhekkies, 100-meter, hoogspring asook 80-meternaelloop behaal. Ashaan Sebastiaan van Laerskool Laeveld het met die senior victor ludorum trofee weggestap. Ashaan was ook die beste baanatleet sowel as die beste hekkiesatleet.

Die volgende rekords het tydens die dag gespat:

Die 70-meter seuns o/11 hekkierekord is deur Marco Capazirio van Laeveld met ‘n tyd van 13,97 sekondes verpletter. Luka Swanepoel van Malelane en Banele Shabango van Barberton het ‘n nuwe rekord in die hoogspring dogters o/13 opgestel met ‘n hoogte van 1,40 meter. Carla Schultz van Bergland het die rekord geëwenaar in die hoogspring dogters o/11 met hoogte van 1,30 meter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button